Judah Ministries
An Apostolic Company of Breakthrough Believers
Home      Father of the Household
Print this pageAdd to Favorite

Contact Us:

Pierre & Karin Toerien
Tel: +27 (0)44 695 2260/1
Cell: 082 773 4910 
Fax: +27 086 550 8489
E-Mail: toerien@judah.co.za
Introducing
Pastor Pierre Toerien
Pierre Toerien is the founder of Judah Ministries, Mossel Bay and is also a member of the Judah Kingdom Alliance (JKA). He has been in full time ministry for twenty-five years. Pierre served as a pastor in the Apostolic Faith Mission (AFM) for eighteen years. He resigned from the denomination to embrace the Apostolic Movement in 1999.
Publications
As a keen follower of the Apostolic Reformation message, Pierre has made it his commitment to attend every apostolic school of ministry hosted by Thamo Naidoo, and he hopes to do so as long as it will be possible for him. During the Apostolic School of 2005, he felt the urge to write a poem about the school, especially about the teachings as he received and perceived them. He endeavoured to summarize the teachings as accurately as possible yet in a humoristic, light hearted way. By the grace of God this has been done in/after every school since, as well as of Dr Ben Kleynhans‟s Apostolic Summit hosted in Pretoria in April 2006 and the Global Apostolic Summit hosted by the JKA in Durban during July 2009. The name of each poem states that it is about the Apostolic School Of Ministry, abbreviated ASOM, as well as the month and year during which the school was hosted and the poem written.
 
Pierre has a column within the Mossel Bay Advertiser, the weekly news paper of Mossel Bay, being published every Friday.
 
Publications
Mossel Bay Advertiser
 
 

Die kerk, koninkryk en gemeente.

4 Mei 2012

 

 

Motivering

Hebreërs 12:1-2

1  Daarom dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

2  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

3  Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.

 

 

Ons is besig om te praat oor motivering en die vraag ‘waarop is jou oog gevestig?’ Ons aktiwiteite op die aarde (die hardloop van die wedloop), moet aangedryf word vanuit die prys wat vir ons wag.

 

Ons het gesê dat Jesus se kruiswoord “volbring” eintlik die saad is vir sy geslag, die gelowiges na die kruis, om al die voornemens van God te vervul op die aarde sodat Jesus kan terugkom.

 

Daar is een ding wat ons nooit moet vegeet nie – God werk na die plek van volheid (volbring – die voltooide werk – die vervulling van al die voornemens wat in sy hart was reeds van lank voor die grondlegging van die wêreld af).

 

As God praat van volheid, dan bedoel Hy om klaar te maak, en dit is nie net ’n werk wat klaargemaak moet word nie, maar ook ons moet kom tot by die punt van volheid, maw die werk moet ook in ons klaargemaak word sodat ons kan kom tot by die punt waar God ons herstel wil sien in Jesus Christus.

 

Wedergeboorte is nie genoeg nie – daar is nog steeds die proses van redding wat die redding van die siel insluit, en juis dit is die eindpunt van ons geloof. Daar is dus ’n eindpunt wat nie die (fisiese) dood is nie, maar ’n plek in God waar alles tot finale rus kan kom.

 

Die skrywer van Hebreërs sê dit so in Heb 4:9

 

Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God;

 

Om die werk klaar te maak, beteken dus om by daardie punt te kom waar alles voltooi is, waar Jesus weer by ons sal wees en waar almal met verheerlikte liggame sal leef in die teenwoordigheid van God.

 

Dis juis hierdie einde wat ons grootste motivering behoort te wees. Jesus het vir die vreugde wat vir Hom voorgehou is, gedoen wat Hy moes doen, en so moet die eindpunt ook vir ons iets wees waarheen ons leef en wat vir ons as motivering dien.

 

Baie mense het ander dinge wat hulle motiveer en aandryf, soos om ryk te word of skatte bymekaar te maak ens, maar die geestelike behoort ons grootste motivering te wees, die klaarmaak van die werk of die vervulling van God se voornemens.

 

Ek dink mense verloor hierdie motivering omdat hulle nie altyd presies weet wat vir ons voorlê nie. Baie mense is verward oor al die goed wat hulle hoor, en ander word weer vertel ons hoef nie te weet nie – dis alles in God se hande.

 

Maar as ons nie weet waarheen ons op pad is nie, kan enige pad ons daarheen lei. Daarom moet die kerk sy mense behou met programme en allerhande dinge wat die gehoor streel. Dis soos ’n speelding wat aanmekaar opgewen moet word anders loop hy nie.

 

As ons ons oë kan ophef en rig op Jesus, die leidsman en voleinder van ons geloof, en ons kan die einde in sig kry en dit ons motivering maak, sal ons nooit opgewen hoef te word nie. Ons sal ’n innerlike aandrywing hê wat enige storm sal kan trotseer, want dis nie in onsself gesetel nie – dis gesetel in Hom wat ons grootste motivering is.

 

Dit lê buite ons, en solank ons dit nog nie bereik het nie, sal ons nooit vervul wees nie. Een van die tekens dat die werk nog nie klaargemaak is nie, is die feit dat mense nog aan sterflikheid onderworpe is en nog steeds doodgaan.

 

Die dood is die laaste vyand wat oorwin moet word en wanneer dit gebeur, sal ons met onsterflikheid oorklee word en ’n plek in God bereik waar daar geen dood meer sal wees nie.

 

As dit in sigself nie genoeg motivering is om aan te gaan nie, weet ek nie wat is nie. Wat ’n wonderlike ding om na uit te sien – ons gaan nie alleen vir Jesus sien soos Hy is nie – die Bybel sê ons gaan ook aan Hom gelyk wees.

 

Halleluja!

POWERED BY E-Hosting Provider